|
![]() ![]() |
![]() pautz ![]() malfark ![]() writers ![]() links ![]() idea! ![]() |
![]() |
Poetry Kind!posted by Gerhard Elmar Schröder, Sunday, June 9, 2002Ek is die stem van die kind uit die kis� Die kis wat gebou is deur 'n komplekse samelewing wat sy bestaan en gedrag bepaal aan die hand van onsigbare reëls wat perfeksie en pseudo balans beskryf. Ek is die stem van daai kind wat jy in die kis gesit het en begrawe het toe jy die "volwasse" lewe ingegaan het. Daai kind wat op 'n duin kan sit en in die sand speel. Daai kind wat die slang jaag en net huil omdat die sand sy voete brand. Daai kind wat vrae vra en antwoorde kry waarmee hy tevrede is. Daai kind wat in die reën wil sit � omdat dit reën. Daai kind wat sien hoe die bokkies en die golwe in die wolke baljaar � Daai kind wat nie vir die weerlig en geraas van die wolk bang is nie. Daai kind vir wie jy deurlopend sê, "jy mag nie" � "jy moet" � "jy behoort"! Daai kind wat sê hoe hy voel sonder om woorde nodig te hê. Daai kind wat as hy kwaad is die sand kan slaan. Daai kind wat as hy gelukkig is broodjies, huisies, en sy fantasi�e met daai sand kan bou en dit onbevange kan deel. Ek is daai kind wat in die nag op daai sandduin staan en na die hemele kyk � en regte sterre sien. My sterre het name. My sterre het emosies. My sterre � is sterre. Ek soek die helderste ster in daai hemel. Ek is daai kind wat kan kwaad word � omdat ek kwaad is.
|
![]() |
![]() ![]() ![]() All credit to the Creative Writing Collective for the design concept and inspiration! |